top of page

Die Eggogrotte deur J. A. Coffee 1963

  • -
  • 1 day ago
  • 4 min read

Toerbusse van die Suid-Afrikaanse Spoorweë doen aan by hierdie skouspelagtige grotte wat na bewering nagenoeg vyftig miljoen jaar oud is.


Geheimsinnige diep donker spelonke, doolhowe en sy gange waarin grillige langbeen harige monsters met groot blink oë rondwaal; waar vladerende vlermuise gedurig ruisend loop bok oor die naakte stalagmiete en stalaktiete; waar helder stroompies sagies vloei na die onbekende dieptes van die aardbodem — dit is die prentjie wat meeste van ons in ons verbeelding ontower wanneer ons aan ’n grot dink.


Vir sommiges is dit ook ’n plek wat sinoniem is met interessante grotte in die Republiek, sommige staan met die bedrywighede van boewe en seerowers wat hul voorvuiste onder bakkranse en in grotte op verafgeleë eilande versteek het; vir die wetenskaplike egter is grotte van die vernaamste bronne van navorsing om die oorsprong van die vroegste mense op te diep, want lank voor moderne tegniek van huisbou ontwikkel is, het die vroeë mens beskutting gevind in die natuur se skuiling gebruik gemaak. In sulke grotte is daar reeds baie tekens van die lewe van ons eerste bewoners gevind — ’n groot hoeveelheid rotstekeninge, werktuie en ander voorwerpe, het voorwerpe van klei gemaak, word deur opgrawings in rotte blootgelê, is die belangrikste middels om die bestaan en vroeë beskawings te bepaal.


Oral in die wêreld word grotte vandag sterk ontgin as toeriste-aantreklikhede; ’n mens is gerig en gemaak die interessante stalaktiet- en stalagmietformasies wat daar te sien het tot ongehoorde vorms, kan besigtig. Die formasies neem soms die vorms aan van oorwerpe aan soos drapering, gordyne, orrelpype of ledemate van diere en mense.

In Suidelike Afrika is die wêreldberoemde Kangogrotte alombekend en van die bekendstes, maar daar is nog baie ander.



Die swartmense se naam vir die grotte is “M’Pumeng” wat “Uitgang” beteken. Dit was ’n bekende skuilplek vir sekere en by die ingang van die grotte is daar nog oorblyfsels van ’n ou fort wat glo deur die Swasies gebruik is. Die Swartmense het waarskynlik nooit ’n ander in of uitgang van die grotte geken nie. Dus is ook nog nie ’n ander opening ontdek nie. Daar is ’n legende onder die Swartmense dat blase mense met lang wit rokke lank gelede in die gebied aangekom het om handel te dryf — ongetwyfeld ’n verwysing na die vroeëre Arabiese handelaars. Die Swartmense het hulle egter nie vertrou nie en hulle in een van die sy gange gelok en daarin toegemaak.

Sommige geskiedkundiges meen dat die Koningin van Skeba haar alluviale goudrykdomme uit hierdie deel van Noordoos-Transvaal gekry het en dit is allermins ondenkbaar dat hierdie grotte by daardie vroeë volke bekend was. Die distrikte van Pelgrimsrus, Lydenburg en Sabie is trouens dié deel wat tot dusver die rykste alluviale goudopbrengs in Suid-Afrika gelewer het. Sedert die ontdekking van goud in daardie gebied in 1875 is daar reeds meer as R40,000,000 se goud uitgehaal.



Die Eggogrotte het baie kamers waarin ’n groot verskeidenheid fantastiese stalaktiet- en groteske stalagmietformasies te sien is en is glo meer as 20 myl lank. Dit was ongetwyfeld ook bekend by jagters en ander blanke avonturiers van vervloë tye. Die huidige eienaar het die grotte reeds vir baie jare as ’n tabakstoorkplek gebruik en ook sy landerye bemes met die sagte diep ryk grond en vleermuismis wat hy in die groot getal kamers gevind het. Niemand het egter aan die grotte as ’n toeriste-aantreklikheid gedink nie totdat belangstelling daarin opgevlam het toe die Abel Erasmuspas en die Strijdomtunnel ontwikkel en gebou is.


Onder die oorhangende kranse voor die ingang van die grotte is daar toe ’n moderne restaurant gebou, waar alle geriewe beskikbaar is en waar elke Saterdagaand gedans en ander vermaaklikhede aangebied word. Die grotte word reeds jaarliks deur duisende toeriste besoek en gedurende die winterseisoen doen die Suid-Afrikaanse Spoorweë se weeklikse vyfdaagse toerbustoer en ander toergroepe gereeld hier aan.



Ofskoon waaghalase reeds tot sowat 19 myl diep in die doolgang gedwaal het is net sowat ’n myl behoorlik ontwikkel en belig sodat toeriste dit met gerief en met veiligheid kan besoek. Daar is egter nog onbeperkte moontlikhede want die interessantste formasies van kristal is nog heelwat dieper in die grotte aanwesig.


Die ingang van die grotte is agter in die restaurant geleë en die eerste kamer wat bestaan uit ’n soliede dolomietformasie is 100 by 150 voet en die dak is 30 voet hoog. Die oppervlakte van die mure en dak is geriffel en lyk soos die vel van ’n olifant.


Die tweede kamer, “die Paleis”, word oorheers deur kalkformasies versier. ’n Priester met ’n lang mantel staan voor ’n orrel en as daar op die “orrelpype” getik word weerklink welluidende orreltone wat eers wegsterf en oomblikke later uit die skynbaar oneindige dieptes van die grotte weerklink — vandaar die naam van die grotte. Hier is ook ’n tipiese waterval met duisende kabbels en ’n entjie verder is die afbeelding van ’n grillige “ondier” duidelik sigbaar. In hierdie kamer is daar ook duidelike vorms van “tabakblare” en ’n byna volmaakte “besehart” te sien.


Die gang na die derde kamer waar die allermooiste stalaktiet- en stalagmietformasies te sien is, lei tussen die bogemelde “ondier” en realistiese pilare deur. Dit duur glo eeue voor ’n pilaar van redelike formaat gevorm is en volgens geoloë is die Eggogrotte oor die 50 miljoen jaar oud.


Die vierde kamer staan bekend as “Simson se Kamer”, vanweë twee tamaai pilare, en in die vyfde kamer wat die “Bad van Koningin van Skeba” genoem word, is die stalaktiete besonder deurskynend en ’n byna perfekte bad is versier met sprankelende kabbels.

In die sesde kamer kronkel daar boomwortels oor die vloer van die grot en op ander plekke word wortels van ’n wildevyeboom tot 900 voet in die ingewande van die aarde aangetref. ’n Mens word deur wonderlike gewaarwordinge bemeester wanneer jy deur die vele gange, spelonke en kamers wandel en die koel nat luggie oor jou wange streel en jy in jou verbeelding probeer om jou in te leef in al die lewenswyses en bewegings van die vroeë aardbewoners wie se verskillende geslagte ook hierdie selfde doolhowe bewandel het.

Wie weet watter argeologiese skatte nog in die diepste doolhowe van hierdie grotte bewaar word.


Geen beskrywing van hierdie interessante natuurverskynsel kan egter reg laat geskied aan die ongelooflike wonder wat deur die eeue daar ontstaan het nie en dit is veel beter om dit vanself te gaan besigtig.



 
 

Recent Posts

See All
Can you wear shorts on a Kruger safari?

Yes, you can wear shorts when on safari in Kruger National Park. However, if you are doing Horseback safaris and quad bike safaris long pants may be required. For walking safaris long pants may be pre

 
 
Can you wear sneakers on a Kruger safari?

Sneakers, tekkies, trainers or comfortable walking shoe are all fine for a standard 4x4 safari. Just wear shoes in which you will be comfortable sitting for most of the day.

 
 
Can I wear leggings on my Kruger safari?

Yes, you can wear leggings on safari. We recommend you wear comfortable clothing and breathable layers as the weather in and around Kruger can vary from season to season, and day to day.

 
 
bottom of page